Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Jy kan jou geloof in enige beroep uitleef, sê mode-ontwerper

3 Mei 2021

Deur Valerie Hamann

Wanneer ’n mens na klere-items in ’n winkel kyk, is die prysetiket dikwels ons grootste bekommernis. Maar wanneer Cyril Naicker – ’n mode-ontwerper van beroep wat deesdae ’n kampvegter vir etiese beginsels in die modebedryf is – na ’n item kyk, dink hy eerstens aan die persoon wat dit gemaak het.

“Ek sien die persoon wat die stuk klere gemaak het en vra: Is hulle regverdig vergoed? Het hulle in ’n fabriek met veilige werksomstandighede gewerk? Ek sien die persoon se omstandighede, hulle families. Ek kan nie iets koop met die wete dat ek mensehandel of slawehandel ondersteun het nie,” verduidelik Cyril.

LEES OOK: Verskilmakers: ’n Moderne verlore seun se genadepad

Cyril is ook koördineerder van Fashion Revolution South Africa wat daarna streef om ’n meer etiese en volhoubare toekoms vir mode in Suid-Afrika te verseker. Dié internasionale beweging is gestig ná die ineenstorting van die Rana Plaza-klerefabriek in Bangladesj in 2013 waarin 1 138 mense gesterf het.

LiG het aan Cyril, wat Suid-Afrika onlangs by die Verenigde Nasies se besprekingspaneel vir volhoubare mode verteenwoordig het, ’n paar vrae gevra:

Is dit moeilik om etiese beginsels in die sekulêre modebedryf uit te leef?

Die liefde oorwin alles. My rol is om vanaf ’n plek van liefde te funksioneer. Die meeste bedrywe is uitdagend. En om te staan vir dit waarin jy glo is ook ’n uitdaging. Vir my werk dit om lief te hê en om nie te oordeel nie. Dis wonderlik wat ’n eenvoudige glimlag en vriendelikheid kan doen. Ek sien nie my geloof as ’n eksterne deel van my nie. Dit is wie ek is. Daarom probeer ek om in my daaglikse werk ander te dien. Daar is altyd uitdagende oomblikke. Dit is wanneer ek gaan bid vir die beste uitkoms. Ek kry dit nie altyd reg nie en het al baie foute in die verlede gemaak. Dis belangrik om hieruit te leer. En ek leer steeds.

“Vir my werk dit om lief te hê en om nie te oordeel nie. Dis wonderlik wat ’n eenvoudige glimlag en vriendelikheid kan doen. Ek sien nie my geloof as ’n eksterne deel van my nie. Dit is wie ek is. Daarom probeer ek om in my daaglikse werk ander te dien,” sê Cyril, modeontwerper en ’n kampvegter vir etiese beginsels in die modebedryf. Foto’s: Verskaf

Wat het ons in die modebedryf nodig?

Ons het ontwerpers nodig wat vir sosiale geregtigheid staan. Ons het entrepreneurs nodig wat slim maniere van besigheid innoveer. Maar die belangrikste is mense wat passievol is daaroor om verandering in die plaaslike modebedryf te bring. My rol is om te praat oor kwessies waarvoor ons plaaslik en wêreldwyd te staan kom en om jong mode-ontwerpers aan te moedig om die regte ding te doen, ten spyte van ’n mededingende bedryf. Alles gaan oor ’n positiewe ingesteldheid en om jou passie vir die bedryf te gebruik om verandering vir ’n beter toekoms mee te bring.

Wat is die grootste fout wat verbruikers maak?

Ek dink oorverbruik is een van die grootste probleme wat almal kan aanspreek. Ons moet slegs klere koop wanneer ons dit regtig nodig het. Die tempo waarteen die modebedryf funksioneer is nie volhoubaar nie. Dit beskadig ons planeet en beïnvloed die lewe van die mense wat die klere maak. Ons moet stadiger leef. Ons moet mense regverdig vergoed en mense met respek behandel.

Watter wenke het jy vir LiG-lesers om te help om positiewe verandering in die modebedryf mee te bring?

  • Word deel van die moderevolusie en volg Fashion Revolution op sosiale media.
  • Wanneer jy klere koop, neem ’n foto van die etiket en gebruik die hutsmerk #whomademyclothes wanneer jy dit op sosiale media plaas sodat handelsmerke bewus is dat jy wonder hieroor.
  • Gaan deur jou klerekas – gee die klere wat jy nie dra nie vir iemand wat dit benodig.
  • Dink na oor watter invloed die modebedryf op ons omgewing het.
  • Cyril Naicker is uitvoerende hoof van Luxury Imprint en ondersteuner van Nehemia-Bybelinstituut (NBI) se gevangenisbediening. LiG en NBI vorm beide deel van Bybel-Media.

Klik hier vir meer inligting oor die moderevolusie.

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF