Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Jy val nooit uit sy hande nie

DEUR MILANIE VOSLOO

Wanneer iets of iemand jou wêreld onderstebo skop, voel dit soms of jy net daar wil bly lê. Jy voel vuisvoos. Kragteloos. Leweloos. Soos baie van ons dalk nou tydens die nuwe Covid-19-golf voel.

Dis dan wanneer ons wonder: Waar is God nou?

Die antwoord is: Hy is daar! Daar waar onsekerheid jou oorrompel. Daar waar jy nie die moed het om voort te gaan nie. Daar waar jy sonder hoop die toekoms in staar. Daar is Hy, en Hy is in jou!

LEES OOK: Maandag-inspirasie: Asem uit, asem in

Want jy is sy geliefde kind. Jy is die een wat Hy gevorm het, vir wie Hy deur die jare gelei het. Vir wie Hy in vorige krisisse vasgehou het. Hy weet presies hoe jy nou voel.

Jou Here is steeds in jou, hoe gebroke jy ook al mag wees.

Hy is steeds in hierdie wêreld, hoe stukkend dit ook al mag wees.

LEES OOK: Hoe mis ek die tussen-in-plekke

Ek bid jou vandag die woorde van Paulus aan Timoteus toe: “Mag God ons Vader en Jesus ons Here aan jou genade, ontferming en vrede gee” (2 Tim 1:2b).

Vallende mense

Soms lê ons plat op die grond, Here!
So omgeslaan dat ons net nie weer wil
opstaan nie,
nie langer kan opkyk nie.

Dankie dat ek in sulke tye
kan onthou dat
ek maar kan val,
omdat ek altyd in u hande sal val.
Dat ek altyd sal beleef
U het my toe nooit gelos nie.
Want U kan nie.
U is God.

U is my Here.
My Vashouer.
Vader van ons almal.
Ook nou.

  • Milanie Vosloo is ’n topverkoper-skrywer van verskeie geestelike boeke. Sy is die stigter en besturende direkteur van Uppe Marketing. Haar passie is om mense te inspireer. Sy wil deur die krake van haar eie menswees iets van God se lig aangee. Sy hou baie van skryf, fietsry en die buitelewe. Sy onderneem gereeld fietstoere saam met haar man. Kontak haar by mv@uppe.co.za

Projek 108

Jy kan ons help nog meer Bybels versprei en die Evangelie verkondig

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir Jesus leer ken

Kinderpret-leesreeks Storietyd

Beleef ‘n pret, leersame en avontuurlike leesreis vir jong lesers

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF