29 Januarie 2021. – Ouers wat wil bydra tot hulle kind se geloofsvorming kan nou betrokke raak via \’n interaktiewe digitale platform genaamd Jeugfokus.
Die nuwe Jeugfokus-kategesereeks vir 2021 vorm die geloof van kinders en jongmense deur sogenaamde “blended learning”, ’n benadering wat aanlyn onderrigmateriaal, interaktiewe geleenthede in die erediens en huisgeloof kombineer met die meer tradisionele ontmoetings en gidse,” luidens \’n inligtingstuk wat deur Bybel-Media (BM) uitgereik is.
Die platform is ontwikkel deur lede van die NG Kerk se Algemene Taakspan vir Kategese in samewerking met BM.
Al die aanlyn materiaal is beskikbaar by https://missio.org.za/product/jeugfokus en die prys vir volle digitale toegang word bepaal deur gemeente se aantal lidmate.
Jeugfokus volg ’n Bybelgedrewe kurrikulum wat kinders help om interaktief en met behulp van multimedia te leer van Bybelverhale, het Kerkbode onlangs berig.
BM sê: “Ons nooi alle predikante, kategeseleiers en kategete uit om by https://missio.org.za/product/jeugfokus te registreer en toegang tot die kategesemateriaal vir 2021 te kry. Vir elke ontmoeting is daar die volgende beskikbaar:
- agtergrondinligting oor die Bybelgedeelte en die tema van die ontmoeting
- riglyne vir ’n kindermoment in die erediens wat by die tema van die kategese aansluit
- riglyne vir ’n huisgeloof-gesprek die vloei van die ontmoeting vir die vier
- verskillende ouderdomsgroepe
- hulpmiddels en bykomende inligting vir die verskillende ontmoetings.
Besoek https://missio.org.za/product/jeugfokus/ vir meer inligting.
- Spesiale aanbod: Die eerste 50 gemeentes wat die koeponkode gebruik (Jeugfokus10), kry 10% afslag op die inskrywingsfooi. Kontak Amanda van der Westhuizen by amanda@bmedia.co.za vir enige navrae.