Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Korona, my kroos en skerms

9 Februarie 2021


Covid-19 en die gepaardgaande inperkings het ons lewe handomkeer verander. Een gevolg is dat ons almal baie meer tyd voor skerms bestee. En dit geld vir ons kinders ook.  

DEUR ZERELDA ESTERHUIZEN

“As gevolg van Covid-19 voel dit asof die skoolvakansie al sewe jaar aanhou en ek is verby keelvol,” skryf ’n ma op Facebook.

“Ek werk van die huis af en al wat my kinders doen, is om voor die TV, rekenaar en Playstation te sit. Ek het aan die begin van die inperkings vir hulle roosters uitgewerk en allerlei slim planne bedink om hulle besig te hou, maar dis nou al amper ’n jaar later. My kinders is al weer vir ’n eeu by die huis en ek kan eenvoudig nie die heeltyd kyk wat hulle aanvang nie.”

LEES OOK: ‘My lewe is in ’n oogwink verander,’ skryf oorlede man voor sy dood

Hierdie ma is nie alleen nie. Ouers wêreldwyd kla oor hul kinders wat vir ure voor hulle skerms sit en dit lei tot skuldgevoelens en kommer oor die langtermyn-impak op hul kroos.

Die Amerikaanse Akademie vir Pediatrie het streng aanbevelings rondom die kwessie soos dat kinders tussen die ouderdomme van twee en vyf slegs ’n uur daagliks aan skerms blootgestel moet word. En dat kinders van ses jaar en ouer se skermtyd streng beperk moet word. Dit mag byvoorbeeld nooit fisieke aktiwiteit of slaap vervang nie.

Brenna Hassinger-Das, adjunk-professor in sielkunde aan die Pace-universiteit in New York, sê ouers het tydens die inperkings uitgevind dat hierdie aanbevelings onmoontlik is om te volg.

Sy skryf op www.theconversation.com dat die akademie se data nie daarop dui dat skermtyd slegs nadelig vir kinders is nie. Dit stel wel voor dat te veel skermtyd tot gedrags- en gesondheidsprobleme kan lei.

Brenna sê ook ouers moenie hulself onnodig kasty nie: “As jy gou moet kosmaak en dis makliker om jou kind ’n YouTube-video te laat kyk, doen dit. Dis oukei. Tegnologie is ook goed vir ons in hierdie tyd. Laat jou kinders gerus met hul maats via ’n  ‘video-oproep’ gesels. Selfs babas leer só nuwe woorde aan. Dit kan help om jou kinders se bande met familie en maats te verstewig.”

 

Brenna glo wel dat ouers steeds ferm moet wees oor ’n “geen tegnologie”-reël tydens slaaptyd. “Slaaptydroetines is veral vir kleuters noodsaaklik en studies het al bewys dat kinders met goeie roetines beter op skool vaar. Babas slaap slegter as hulle na skerms voor slaaptyd kyk en dit geld vir ons voorskoolse outjies ook.”

Verskillende reëls vir verskillende gesinne

Wietske Boon, ’n Pretoriase spelterapeut in privaat praktyk, stem saam dat die meeste ouers se goeie skermtydbedoelings met die Covid-19-inperkings by die deur uit is.

Foto’s: iStock

“Dis heeltemal te verstane dat ouers nou minder rigied met skermtyd is, maar as ouers kan ons ook nie vir ons kinders vrye teuels gee nie. Wat vir een gesin in hierdie tyd werk, gaan ook nie noodwendig vir \’n ander een werk nie. Die voorkeur bly steeds dat daar minder skermtyd en soveel moontlik speeltyd  (gestruktureerd of vryspel) moet wees,” gesels sy.

Wietske noem ook dat skermtyd TV, selfone, tablette en aanlyn leer insluit en dus is dit moeilik om nou ’n aanbevole tyd vir kinders voor te stel.

Sy sê ouers moet nou veral daarop let om hul kinders se oë te beskerm, hul lyfies sterk te maak en vir hulle genoeg tyd gee om vrylik rond te beweeg.

“Vind ’n gesonde balans tussen stilsit en beweeg, skermtyd en speeltyd. Programme en speletjies behoort ouderdomsgepas te wees. Vermy stories en speletjies wat aggressie, geweld, lastering en kru taal insluit. Wees bewus van wat jou kind kyk. Stel ouderdomsbeperkings op programme en toeps in en vind ook opvoedkundige programme en speletjies wat jou kind se belangstelling sal prikkel. Daar is oulike programme wat vir kinders vaardighede leer soos hoe om ’n papiervliegtuig te vou. Onthou dat konkrete leer steeds meer waardevol is as om van ’n skerm af te leer.”

Wietske se wenwenk

As die beheer van skermtyd ’n uitdaging is, stel \’n dagprogram op en maak tyd vir gesinstyd, speeltyd, oefening en skermtyd en hou daarby. Só leer jou kinders sommer om hul dag te beplan. Die kinders wil nie altyd noodwendig dieselfde programme kyk nie en \’n rooster kan voorsiening maak dat elkeen \’n beurt kry om sy program te kyk.

Skermtyd is soos kalorieë

Karl Sebire, ’n navorser verbonde aan die University of New England, glo ’n mens moet skermtyd as positief sowel as negatief sien.

LEES OOK: Ondersteun mense met Covid-19 eerder só

“Dink aan skermtyd as kalorieë wat jy inneem. Ons almal het dit nodig om te funksioneer en dit gee vir ons energie. Ons kry egter kalorieë in wortels en in sjokolade en ons weet mos die wortels is gesonder. Net so moet mense self kies watter aanlyn aktiwiteite hulle as produktief sien en wat hulle deur hul dag sal help. Kalorieë en skermtyd gaan oor matigheid, verantwoordelike besluite en selfbeheer.”

Ma’s se mening

Antonette de Waal van Krugersdorp is ma van Bea (12), GC (10) en Dian (6):

Skermtyd is ’n goeie ding as dit deur ouers beheer word. Kyk gereeld met wie gesels jou kinders en watter speletjies hulle speel. Daar is redes vir ouderdomsbeperkings.

Ons het ’n toep afgelaai wat die kinders se tyd en voorkeure op hul toestelle beheer. As maats by hulle kom kuier, is dit ook ons reël dat hulle eers tegnologievry moet speel. Skermtyd het ook voordele, want ons 6-jarige is baie slim daarmee, maar omdat hy dit so geniet moet ons meer moeite doen om vir hom te wys dat daar ook ander lekker aktiwiteite is om te doen.

Suré Duvenhage van Kathu is ma van Sarah (5) en Theart (3):

Hoewel hier twee tablette in die huis is, is dit permanent pap en my kinders gebruik dit dus bitter min. Ek probeer hul TV-tyd en -programme beperk, maar hulle kyk wel elke dag daarna, meestal na animasieflieks. My meisiekind is mal oor YouTube en as ek haar los, sal sy heeldag daarna kyk. Sy moet haar skermtyd “verdien” deur buite te speel of iets sinvol te doen. Daar is voordele aan skermtyd soos dat Sarah ’n uitstekende woordeskat het.

Sonja Pieterse van Toitskraal is ma van Adrian (3) en Jandré (6):

LEES OOK: Of ek lewe of sterwe, ek behoort aan God’ – Covid-lyer

Ons TV is heeldag aan, maar hulle raak gou verveeld daarmee. Ons het een tablet tussen die twee, maar ek vergeet permanent om die ding te laai. Ek dink daar is voordele verbonde aan skermtyd, want dit help met die kinders se Engels en natuurlik gee dit my ook kans om asem te skep.

Alisia Nel van Kuruman is ma van Lucca (6) en Alisia (amper 2):

My dogtertjie is nie veel oor skermtyd gepla nie. Sy sal lekker dans voor die Trolls-fliek as dit op is, maar dit is omtrent dit. Ons 6-jarige seunskind is egter ’n heel ander storie. As ek hom nie dophou nie, sal hy vir ure sit en speletjies speel. Ek hou maar my oog op hom, veral omdat daar konstant dinge op speletjies insluip wat nie vir kinderoë bedoel is nie. Ek praat hier van bangmaakgoed en selfs pornografiese materiaal. Ek kla hierdie adverteerders dadelik aan as ek dit sien. Dis maar moeilik, want in vandag se tye is kinders orals aan tablette en fone vasgegom. Selfs as maatjies kom speel dan wil hulle eerder saam sit en speletjies speel, maar ek steek gewoonlik ‘n stokkie voor daai planne.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF