Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Lees die artikel “As jou gedagtes oorlog maak …”

Lees die artikel hier
• Gee elke groeplid kans om oor een van die volgende vrae te gesels: Wat sal gebeur as mense moet weet
wat jy dink? Watter positiewe gedagtes het jy die afgelope week gehad en wat was die gevolge daarvan?
Watter negatiewe gedagtes het jy die afgelope week gehad en wat was die gevolge daarvan? Is jy geneig
tot meer positiewe of tot meer negatiewe gedagtes?
• Lees Psalm 139:1-6. Wat maak hierdie teks in jou wakker? Hoe voel jy daaroor dat God jou en jou gedagtes
so goed ken? Is dit bevrydend of maak dit jou bang? Laat dit jou skuldig voel?
• Ons lees in die artikel hoe belangrik dit is om onsself te vergewe. Hoekom is dit nodig om dit te doen?
Hoekom sukkel ons so daarmee?
• In die artikel word die volgende teksgedeeltes uitgelig: Spreuke 4:23, Filippense 4:8 en Kolossense 3:2. Wat leer ons uit hierdie
teksgedeeltes? Watter reaksie vra dit van ons?
• In die artikel lees ons: “(God) keur nie af wie of wat jy is nie. Hy het deernis vir wat met jou gebeur het. Hy kyk met sagte oë na jou
ganse menswees. En Hy verstaan.” Hoe voel jy hieroor? Wat sal gebeur as ons op dieselfde manier na mekaar begin kyk?

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.