Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Lees die artikel “Die goedheid van die God van Paasfees”

Lees die artikel hier
• Begin die byeenkoms deur ’n kers aan te steek om Christus se teenwoordigheid in jul midde te erken en te vier.
• Gee geleentheid vir elke groeplid om een van hierdie vrae te beantwoord: Hoe en waar bring julle gewoonlik Paasfees deur? Hoe vier julle die paasgebeure? Waarom is Paasfees gelowiges se vernaamste fees?
As Paasfees ons belangrikste fees is, hoekom is daar dan minder mense tydens die Paasnaweek in die kerk as op Kersdag?
• Lees Lukas 23:1-46. Blaas daarna die Christuskers dood as ’n simbool van Jesus se sterwe. Word ’n oomblik stil, sodat die grootsheid van hierdie gebeure by jou kan insink. Laat elkeen vertel wat hy of sy beleef het.
• Waarom kan die kruisiging beskou word as God se protes? Waarom het ons dit steeds nodig?
• Hoekom is die skeur van die tempel se voorhangsel betekenisvol?
• Lees Lukas 24:1-9. Steek nou weer die Christuskers aan as ’n simbool dat Jesus op ’n nuwe manier teenwoordig is. Gee geleentheid vir dankgebede.
• In die artikel lees ons die volgende: “Daarom is ek nou, ná die opstanding, vry om te leef soos God wil hê ek moet leef.” Wat beteken dit? Hoe beleef jy dit? Wat gaan jy anders doen?

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF