Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Lees die artikel, “Die oes is groot …”

Jesus het sy volgelinge 2 000 jaar gelede belowe dat hulle krag van die Heilige Gees sal ontvang, sodat hulle sy getuies sal wees. Is daar vandag steeds 'n oes?

Lees die artikel hier, en gesels dan oor die volgende vrae:

 

  • Getuig oor hoe jy die Here leer ken het. Of vertel van \’n keer toe jy die geleentheid gehad het om met iemand oor die Here te gesels.
  • Hoe het die wêreld waarin ons leef verander en wat is die impak daarvan op ons verstaan van sendingwerk?
  • Lees Matteus 9:36-38; 28: 19-20; Handelinge 1: 8. Wat het jou in die teks aangespreek, uitgedaag of laat wonder? Hoe voel julle oor die roeping wat hier ter sprake is? Hoe help die belofte in Matteus 28:20 ons?
  • Volgens Handeling 1:8 moet ons getuies wees in Jerusalem (my onmiddellike omgewing), Judea en Samaria (my streek, provinsie, land) en tot die uithoeke van die wêreld. Meeste van ons word geroep om getuies te wees in ons omgewing. Hoe doen julle dit? Wie is die mense na wie julle moet uitreik?
  • In die artikel lees ons “dat ons as God se ambassadeurs sy koninkryk in ons invloedsfeer sal weerspieël.” Dink aan waar jy woon, werk en kuier. Dikwels is dit omgewings wat nie godsdiensvriendelik is nie. Op watter maniere kan ons in sulke omgewings ambassadeurs (lig, sout en suurdeeg) wees sonder om aanstoot te gee?
  • As evangelisasie nie bloot \’n program of geestelike ervaring is nie, maar \’n lewenswyse, wat moet verander? Wat moet jy anders doen?

 

Hier is nog selgroepvrae.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF