Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

LiG kuier in China

Deur Jana du Plessis Mรผller

Twee onderwysers en hul twee dogtertjies van die Strand in die Wes-Kaap woon sedert 2018 in Hangzhou, China. Hulle deel met LiG hulle reispad na China, terug na Suid-Afrika, en wรฉรฉr terug na China. En ook meer van hoe Covid-19 hulle lewe verander het.

Oos, wes, tuis in China

โ€œEk wou altyd in die buiteland werk en ander lande verken, terwyl Danielle eers nie oop was daarvoor nie,โ€ vertel Eurice van Zijl vanuit hulle woning in Hangzhou.

Eurice en Danielle reis gereeld vanaf China. Hier is hulle saam met hulle dogtertjie Lea in Vietnam. Foto verskaf

Danielle is โ€™n gekwalifiseerde onderwyseres en Eurice was oortuig dat sy beter werk in die buiteland sou kry. Na hulle getrou het en โ€™n tydperk in Johannesburg gewoon het, het die paartjie besluit om โ€™n kans te vat deur aansoek te doen vir werk in die buiteland.

โ€œOns het ons hart gehad op Dubai,โ€ vertel hulle, โ€œmaar toe gebeur China. Ons het glad nie in China belanggestel nie, omdat ons geglo het die kultuur is nie vir ons nie, want dis net te anders as ons eie kultuur.โ€

Die agent wat met hulle aansoek gewerk het, het hulle aangeraai om navorsing te doen oor China voor hulle โ€™n finale besluit neem. So het die Van Zijls met Suid-Afrikaners gesels wat in China gewoon het en reeds hulle gesinne daar gevestig het.

โ€œOns was verbaas om te hoor dat baie gesinne vreeslik gelukkig in China woon en die plek geniet,โ€ sรช Eurice.

Nie net is China se doeltreffende sisteme vir hulle gemaklik nie, maar die werksgeleenthede is ook volop, vertel Eurice en Danielle. Foto: Krystle Carr

โ€œDaar is dele in China wat regtig mooi is. Daar is minder mooi dele, maar oor die algemeen is dit regtig โ€™n mooi, groen en skoon plek.โ€

Nie net is die land se doeltreffende sisteme vir hulle gemaklik nie, maar die werksgeleenthede is ook volop. Eurice het kort nรก Danielle werk gekry by dieselfde skool, en vinnig-vinnig het die paartjie โ€™n nuwe lewe begin bou. Hulle eersteling, Lea, het goed aangepas by haar Engelse skooltjie en in 2019 vind hulle uit dat Danielle swanger is met hul tweede dogter.

Covid-krisis

Aan die begin van 2020 het die Van Zijl-gesin uitgesien na die koms van hulle tweede dogtertjie, Mira, sowel as โ€™n kort vakansie in Suid-Afrika.

โ€œMaar toe gebeur Covid,โ€ vertel hulle. โ€œChina was reeds ingeperk en internasionale vlugte het al hoe minder geraak. Ons moes vinnig spring en vlugte bespreek, omtrent โ€™n maand vroeรซr as wat ons beplan het.โ€

Eers het Danielle en die 4-jarige Lea gearriveer, en Eurice โ€™n paar weke later. Wat eers โ€™n geboorte en ruskans in Suid-Afrika moes wees, het โ€™n agt maande lange inperking en โ€™n tyd van ontwrigting geword.

โ€œAan die begin van Suid-Afrika se inperking het ek nog aanlyn klas gegee vir die skool in China waarvoor ek toe gewerk het,โ€ sรช Eurice. โ€œChina het weer begin funksioneer, maar die grense was gesluit vir buitelanders. Ek en my vrou het ons werk verloor.โ€

Die Van Zijl-gesin het eers by familie op Somerset-Wes gewoon en later by familie op Middelburg.

โ€œDie lockdown-tyd het ons baie van onsself geleer. Dit was erg om saam met familie in beknopte omstandighede te probeer funksioneer, maar terselfdertyd kon die kinders tyd saam met hulle familie spandeer. As jy so op mekaar woon, kan jy nie wegkruip nie, so jy moet met mekaar praat. Dit was โ€™n tipe blessing.โ€

Eurice vertel dat โ€™n vriend hom gekontak het vir werk op Middelburg. โ€œDit was net God se genade om โ€™n geleentheid te kry. Ons het sak en pak Middelburg toe getrek en daar het ek vir vier maande gewerk.โ€

Na die werkskontrak geรซindig het, was die gesin weer tussen die boom en die bas. Waarheen nou? Internasionale lugrederye het beperkte vlugte beskikbaar gestel en daar was die uitdagings rondom visums en Covid-toetse.

โ€œDit was chaoties,โ€ sรช Eurice. โ€œEk moes deur โ€™n agentskap werk wat vir ons werksgeleenthede gereรซl het, briewe geskryf het en gehelp het met die hele proses om ons visums uit te sorteer. Dan moes ons ook Covid-toetse laat doen wat geldig is vir 72 uur, en dan moet dit boonop na die Suid-Afrikaanse konsulaat gestuur word vir goedkeuring voor โ€™n mens mag reis.

โ€œOm nie eens te praat van die koste van die vlugte nie.โ€

Dit het โ€™n stewige bedrag gekos vir vier vliegtuigkaartjies en die goedgekeurde, gestempelde toetse het gearriveer minute voor die gesin op die lughawe aangeland het.

Eurice saam met hulle tweede dogtertjie Mira. Foto verskaf

Na 33 ure van reis het die gesin in Hangzhou aangekom, waar hulle eers vir 14 dae in โ€™n hotel in kwarantyn moes bly.

โ€œDie hotelkamer was mooi, maar ook stresvol,โ€ vertel hulle. โ€œWant hier sit jy in een kamer saam met jou gesin en twee kinders onder vyf jaar.

โ€œOns moes ook daagliks ons temperatuur op โ€™n WeChat-groep deel. En al het ons โ€™n oulike stoepie gehad, mag ons nie daarop uitgegaan het nie.โ€

โ€œMaar ten spyte van alles, is ons sรณ dankbaar en geseรซnd om terug te wees,โ€ sรช Eurice beslis.

Die Van Zijls is lief daarvoor om hulle area te verken en hulle klim graag naweke op โ€™n trein en ry die vreemde in. โ€œOns ry op e-fietse werk toe wat jy kan huur vir so min as R2, en dan ry ons trein as ons verder wil gaan. Alles werk net hier. Dis effektief en alles is op tyd.โ€

Boere-Kersfees in China

Die gesin beplan โ€™n tradisionele boere-Kersfees saam met ander Suid-Afrikaners.

โ€œKersfees is oor die algemeen nie groot in China nie. Hier woon wel baie Westerlinge, so China akkommodeer mense wat dit vier.

โ€œOns is erg oor familie en om tyd saam met geliefdes te spandeer, so ons gaan ons vriende oornooi na ons ruim huis in Hangzhou hierdie jaar. Ons beplan โ€™n Kersboom met geskenke, โ€™n skaapboud in die oond, en malvapoeding โ€ฆโ€

Projek 108

Ons wil โ€˜n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei โ€“ voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf โ€“ย nouย enย hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef โ€˜n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee โ€™n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoรซ te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF