Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Mamma, wie hou jou arms in die lug?

17 Maart 2021


DEUR SIMONE GAUCHE

Iewers in jou vormingsjare het jy dalk aan ’n geheime klub behoort. Julle het ’n geheime kode gehad, miskien ’n geheime taal of ’n geheime manier om hand te skud. Julle het in die geheim byeengekom en dinge met mekaar gedeel waarvan buitestanders niks geweet het nie.

Wanneer ’n mens ’n mamma word, word jy eensklaps deel van so ’n klub.

LEES OOK: Woeker vandag!

Jy besef dit gewoonlik reeds voordat jy deel van die klub word. Jy is dalk by ’n braai saam met mammas of jy gaan kuier by ’n vriendin wat ’n mamma geword het, en jy besef die mammas praat ’n ander taal as jy. Hulle dink anders as jy en hulle doen dinge anders as jy.

Jy belowe jouself dat jy nooit so gaan wees as jy eendag ’n mamma word nie. Maar dan, op ’n dag, hou jy jou eie bondeltjie vreugde vas en jy besef jou lewe het onherroeplik verander. Daar volg ’n “aha!”-oomblik. En gou-gou praat jy vlot “mamma”.

Wie is jou Aäron en Hur?

Ek het onlangs gehoor hoe ouerskap vergelyk word met ’n insident tydens die Israeliete se oorlog teen die Amalekiete: Moses staan op ’n berg met die kierie wat God hom gegee het in sy hand. Solank die kierie in die lug bly, wen die Israeliete. Laat sak hy dit, verloor hulle.

LEES OOK: Die bepaalde tyd vir mammas

Aäron en Hur het saam met Moses die berg uitgeklim. Wanneer hulle sien hy word moeg, bring hulle vir hom ’n klip om op te sit. En hulle hou sy moeë, lam arms in die lug. Die kierie bly hoog tot sononder, en die Israeliete wen.

Mammas het ’n Aäron en Hur in hul lewe nodig. Gewoonlik is dit ander mammas wat hulle goed genoeg ken om te sê: “Jy lyk moeg. Dit lyk moeilik. Jy is besig om die stryd te verloor. Kom sit hier, en ek sal jou help om sterk te wees.”

Dis belangrik om te onthou dat Aäron en Hur nie Moses se kierie by hom oorgeneem het nie. Nee, hulle sit by hom en maak hom sterk. Hulle help hom om die stryd te wen.

En natuurlik is dit die Here wat die oorwinning gee. Hy kry die eer. Hy het die kierie aan Moses gegee. As ons moet veg, gee Hy ons die wapens. En Hy gee aan ons mense wat ons kan ondersteun.

LEES OOK: Soos bome by ’n waterstroom

Mamma, ek hoop dat jy hulp sal vra van die Aäron en Hur in jou lewe as jy dit nodig kry. Jy moet weet dat die Here nooit bedoel het jy moet alleen veg nie. Mag jy ook nooit te trots wees om hulp te aanvaar wanneer dit aangebied word nie. Mag jou arms hoog bly tot die son oor jou uitdaging ondergaan.

* Dalk wil jy, as ’n blykie van waardering, iets aan die Aäron en Hur in jou lewe sê. Doen dit sommer hier onder waar jy kan kommentaar lewer.

Uit die Bybel: Eksodus 17:8-16

  • Simone Gauche is ’n mamma, eggenote en ’n mediese dokter wat in die staatshospitaal in Mosselbaai werk. Sy het ’n passie vir vrouegesondheid en wil graag ’n gesonde liggaam, verstand en gees bevorder. Sy reken dat dié drie nie van mekaar geskei kan word nie. Sy stel ook in vroeëkinderontwikkeling belang, veral nadat haar twee seuns in onderskeidelik 2018 en 2020 gebore is. Sy is daarvan oortuig dat ’n gesonde, gelukkige mamma die grondslag vorm vir gesonde, gelukkige kinders en ’n gesonde, gelukkige gesin.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF