Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘My ma het ’n superkrag,” sê 10-jarige

DEUR ANÉ HUMAN

My ma het ’n superkrag wat géén ander ma het nie. Sy kan die onmoontlike regkry. Hoekom sê ek so? In Spreuke 31:26 sê die vers: “As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde.” So, dit sê mos nou dat ek dié beste ma op aarde het, want sy is presies so.

LEES OOK: ‘My ma is soos ’n moeder vir ál die kinders in ons skool,’ vertel 10-jarige

Maar, voordat ons so ’n groot sprong gee, moet ek vir julle meer inligting gee. My ma sê, waarsku en help presies wanneer ek dit nodig het. Selfs al het ek niks gesê of gevra nie. Sy weet wanneer daar iets fout is. Asof sy my gedagtes lees …

Praat van gedagtes lees, ek het vir haar eenkeer ’n onmoontlike vraag gevra. En raai wat? Sy het die vraag die eerste keer reg beantwoord. Toe probeer ek weer, en vra vir haar wat ek op daardie oomblik gedink het. (Ek het oor Wiskunde gedink). Weer het sy presies geweet. Toe gee ek maar moed op, want ek gaan myself net meer soos ’n gek laat lyk.

Somtyds as ek lus is vir tee, maak my ma alreeds tee. Ek was besig om TV te kyk en sien toe op my horlosie dis 10:30. Toe kom my ma daar aan met ’n pakkie M&M’s en ’n koppie tee. Presies waarvoor ek op daardie oomblik lus was.

Wat dóén my lieflike moeder vir ander?

Ek was al eenkeer by die diereskuiling saam met my ma en toe besef ek: Sy koop vir die diereskuiling-personeel Krispy Kreme-oliebolle. Nie net vir hulle nie, maar ook vir my!

Geborg

Dié lieflike, wonderlike, onvervangbare moeder van my is vir mý die beste ma ooit.

  • Ané Human is ’n 10-jarige leerder aan die Laerskool Hugenote op Wellington.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.