DEUR NADIA MARITZ
My man Rudi Maritz het so ’n jaar terug begin sukkel om te eet. Wanneer hy geëet het sal al die kos net weer uitkom. Ons is in April 2019 na ’n oor-, neus- en keelspesialis in Pretoria. Sy uitslae het gewys dat Rudi moontlik “dysphagia” het. Die dokter het hom op medikasie gesit en ons is huis toe. Maar dit het net erger geword.
LEES OOK: Britstown-boervroue bak laat dit bars in droogte
Ons het toe vanjaar by dr Phillip Nel, ook ’n oor-, neus- en keelspesialis, by die Kloof-hospitaal uitgekom. Hy het my man vir drie verskillende toetse gestuur – onder andere vir X-strale en die “marshmallow-toets”. Hulle het nou vasgestel dat hy achalsia het wat beteken dat daar \’n probleem met sy spier is wat na sy maag toe gaan. Dit ’n baie skaars kondisie. Een uit elke 100 000 mense het dit.
Rudi het in dié tyd nou al 10,2 kg verloor en vir ’n man wat se normale gewig 70 kg is, is dit erg. Hy slaap moeilik want hy is konstant honger. Hy probeer eet maar hy sukkel baie want alles kom net uit. Ons het hom nou net op vloeistof maar hy begin sukkel om dit ook in te kry. Hy moet ’n operasie sou gou as moontlik kry want die dokter het gesê hy gaan op ’n punt kom waar hy nie eers water kan inhou nie. My rots van ’n man is besig om weg te kwyn.

Ons probleem is dat ons nie \’n mediese fonds het nie en dat dit \’n baie duur operasie is. Ek was ’n kleuterskooljuffrou voor die koronavirus ons land getref het. Rudi, ’n projekbestuurder, kan ook nie op die oomblik werk nie en sal eers kan terugkeer na sy werk ná die operasie. Dié operasie waarvoor Rudi dringend moet gaan word die Heller-operasie genoem. Ons het probeer om by \’n staatshospitaal hulp te kry, maar hulle hou aan om ons weg te stuur om later terug te kom. Ek dink nie ons het meer baie tyd om die operasie uit te stel nie aangesien die spesialis gesê het dat dit net erger gaan raak.
Ek kan nie my man verloor nie, hy is my alles, maar hy is besig om voor my oë te verdwyn.
Maar ons vat elke dag en kom net deur daardie dag. Ons geloof en vertroue in God dra ons. Hy dra ons letterlik … En daar is so baie mense wat bid.
Ek het onlangs begin koekies bak op my kinders se aandrang. Toe begin mense bestel, en so het Kaylare Cookies ontstaan om geld in te samel vir my man se operasie.
Besoek “Kaylare Cookies” op Facebook vir meer inligting en bestellings.
Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.