Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Vrou oorleef 88 000 volts: ‘Dit was God se keuse om my te red’

In daardie breukdeel van ’n sekonde voordat ek my bewussyn verloor het, het dit kompleet gevoel asof ek die duiwel van naby af in die oë kyk. Daar was ’n brandende beeld, en ’n geluid soos dié van ’n goederetrein wat heeltemal te vinnig oor ’n staalbrug ry. Da-da-da-da-da-da!

Ek het Jesus se Naam probeer uitroep, maar my mond wou nie saamwerk nie; my tande het op mekaar gekners. Maar net voordat ek my bewussyn verloor het, het ek gehoor hoe my gees sy Naam sê.

LEES DEEL 1 VAN ADRI SE GETUIENIS: Vrou oorleef 88 000 volts: ‘Here, bewaar my, ek is ál wat my kinders het!’

Toe ek weer bykom, was twee werkers besig om my aan my hande en voete te dra. Hulle het my in die veld neergelê. Die vragmotorbestuurder het oor my gebuk, in my hare gekrap – en toe was almal weer weg.

Terwyl ek so gelê het, was daar ’n soort vrede in my. Het ek nog geleef? Op ’n keer het ek die boomtoppe in die erf langsaan gesien, die blou lug, wit wolke, en gedink dis darem baie mooi.

Eensklaps het ek gedink aan mense wat erge elektriese skokke ervaar het, hoe hulle nie kan vat of loop nie en oor niks meer beheer het nie.

Toe dink ek aan Kevin, wat reeds bewusteloos was ná die eerste skokke wat deur sy lyf gegaan het. Hy is seker nou dood, het ek gedink. Ek wou opspring en na hom toe gaan, gaan kyk wat ek vir hom kon doen.

Ek het besef ek kan beweeg.

En ek het ’n helikopter gesien, en ’n ambulans. Langs die straat was ’n plaat motors, ’n skare mense, nuuskieriges. Dit het vir my gevoel asof ek my in ’n parallelle heelal bevind. My gehoor het teruggekeer, ek het die helikopter gehoor. Stemme, uitroepe, bevele.

Die man by wie ons die perseel gehuur het, het aangehardloop gekom met ’n seilstoel waarop ek kon sit. Ons boekhouer het met ’n emmer water en ’n lap gekom om my af te spoel.

Toe eers het ek die gebrande veld opgemerk, en hoe my lyf swart was van die roet. Maar toe die barmhartige vrou my arms begin afspoel, toe hang die velle in sulke repe daarvan af. Sy het agteroor gesteier soos sy skrik.

Daar was paramediese personeel by Kevin. Sy vrou het ook opgedaag. Ek het gesien hy beweeg. Hulle het hom in die helikopter gelaai.

Ek is in die ambulans in gehelp. Op pad het een van die ambulansmanne my hand vasgehou en gesê: “You are very lucky to be alive.”

“Luck has got nothing to do with it,” het ek geantwoord. “The Word of God says, ‘If you call upon the Name of the Lord you will be saved.’ I called out to Jesus and He chose to save me today. It was a choice God made, there was no luck involved.”

My selfoon het langs my op die draagbaar gelê. My dogter het weer gebel, gevra wat het gebeur. Sy het gesê sy sal haar broer by die skool gaan haal en dan sal hulle my by die Carstenhof-kliniek kry.

By die kliniek het die personeel my oor en oor dieselfde vrae gevra. Ek onthou hoe hulle gesukkel het om ’n geskikte aar te vind. Geleidelik het ek bewus geword van my wonde – oral oor my arms, my bene, veral my voete. Die plakkies wat ek aangehad het toe ek by Kevin gekniel het, het my regtervoet se brug rou gebrand. My toonnaels het gesmelt.

 Ek het ’n nekstut gekry en daar is X-strale geneem. Dit het groot skade aan my rugwerwels gewys: Waar die ligamente aan die werwels vas was, het dit gelyk soos klein voëltjiebekkies. Daar was, vreemd genoeg, geen pyn nie.

Ek is bly ek het eers later agtergekom hoe ek gelyk het: my gesig swart van die roet, my arms soos ’n skets van swart houtskool soos die brandende gras patrone op my vel gebrand het.

Toe ek uiteindelik alleen was, kon ek uiting gee aan die emosies wat my kort-kort wou oorval. Ek het gevoel hoe die trane langs my slape begin afloop, in my hare in, met sulke spoortjies teen my swart gesig af.

’n Jong dokter het lank gelees aan die pasiëntekaart aan die bed se voetenent. Dalk het hy gedink die krisis is gelukkig verby. Toe hy die laken van my voete af lig, het die stank van roet en gesmelte toonnaels hom vir die ander personeellede laat sê: “Guys, what’s cooking here?”

Ek kon nie help om te lag nie. Hy het na my gekyk en gesê: “I’m so glad your sense of humour has not evaporated with everything else.”

Dit was die eerste van etlike soortgelyke grappe wat ek in die dae daarna moes verduur. Van “I believe you had a shocking experience” tot “you must be the hottest mom in town”.

Dié lighartigheid het wel nie my en my kinders en ons vriende se dankbaarheid vir die opstandingskrag van ’n almagtige Vader verbloem nie.

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF