Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Vyf mees gelese getuienisse in 2021

Die afgelope jaar was uitdagend. Covid-19 het steeds verwoesting gesaai. Mense het swaar gedra aan verlies. Maar, daar was ook hoop en genesing. Hiervan lees ons in die vyf mees gelese getuienisse op www.lig.co.za in 2021. Saam het dié getuienisse vir 152 107 lesers hoop gebring.

  1. ‘My lewe is in ’n oogwink verander,’ skryf man voor sy dood

Die 44-jarige Charl Munnik (foto saam met sy ma hierbo) het dié aangrypende getuienis vanuit sy hospitaalbed geskryf voordat hy ontslaan is. Hy het in die hospitaal beland nadat hy Covid-19 opgedoen het en bloedklonte in sy longe gekry het. Twee weke na sy ontslag is hy tydens \’n rooftog doodgeskiet.

2. ‘My twee babas wat nie ’n tweeling is nie’

Dié ma van vier kinders het dié getuienis oor haar seuntjies – wat vyf tot sewe dae na mekaar verwek is, maar saam gebore is – met LiG-lesers gedeel nadat sy besef het hoe merkwaardig hulle verwekking werklik was. Sy glo wonderwerke soos hulle s’n versterk ander se geloof.

3. ‘Ek is verpletter na klein Miga se dood, maar God is my Lewensredder’

Sulei Eygelaar vertel hoe sy spook en spartel in diep waters sedert haar seuntjie Miga voor haar oë gesterf het. Sy bevind haar tans in ’n proses om haarself vry te spreek. Dis egter ’n moeisame reis, dis drie treë vorentoe en twee treë terug, skryf sy. Maar sy is opnuut verseker dat God haar Lewensredder is.

4. ‘Deel van my sterf saam met my baba, maar God bring weer vreugde deur surrogaatma’

Suné Spamer van Swellendam moes sonder haar baba by die hospitaal uitstap. En sonder hoop omdat haar baarmoeder ook verwyder moes word. Maar ’n ander ma het dié hartverskeurende storie gehoor en besluit om die Spamers te help.

 

5. ‘Vader, vergewe my verkragters; hul het nie geweet wat hul doen nie …’

Amanda Labuschagne (43) van Reitz in die Vrystaat is ’n diep gelowige vrou. Sy dra swaar aan die trauma wat sy as vyfjarige moes deurmaak, en sy sukkel steeds om daaroor te praat.

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.