Help die Bybel ons om ons tieners in die oorgang na volwassenheid by te staan?
DEUR RENร BADENHORST
ย Ons hemelse Vader se verhouding met Jesusย demonstreer vir ons die grondslag van ouerskap,โ sรช dr Johannes Cronjรฉ, pediater, deeltydse dosent by die Departement Pediatrie aan die Universiteit van die Vrystaat en aanbieder van ouerskapkursusse wat op die boek The world needs a Father deur ds Cassie Carstens (2014) gebaseer is.
โVolwassenheid kan beskryf word as daardie tydstip wanneer iemand gereed is om volle verantwoordelikheid vir sy/haar lewe en sy/haar lewensroeping te aanvaar,โ sรช hy. โSulke kinders het hul ouers se bemoediging baie nodig.โ
Die Bybel leer ons van twee geleentยญhede waar God die Vader in die openbaar sy seรซn oor sy Seun uitgespreek het. Die spesifieke stellings wat die Vader daar maak, bied wonderlike riglyne vir ouers:
Jesus word gedoop (Matt 3:13-17)
โJesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan en Hy het die Gees van God soos โn duif sien neerdaal en op Hom kom. Daar was ook โn stem uit die hemel wat gesรช het: โDit is my geliefde Seun, oor Hom verheug Ek Myโโ (Matt 3:16-17).
Jesus se doop was die geleentheid waar Hy Hom aan sy Vader toegewy het voordat sy openbare bediening begin het. By daardie geleentheid het die Vader Hom in die openbaar as โgeliefde Seunโ bestempel.
As die Seun van God dan so โn geleentยญheid nodig gehad het voordat Hy met sy openbare bediening begin het, hoeveel te meer nie ons kinders voordat hulle die lewe aandurf nie?
Jesus word verheerlik (Matt 17:1-9)
Toe Jesus op die berg verheerlik is, het sy Vader presies dieselfde woorde as tydens sy doop gebruik, en bygevoeg: โLuister na Hom.โ
Elke frase verteenwoordig โn fokusarea van ouerskap:
- โMy Seunโ โ Jesus se identiteit as Seun van God word bevestig.
- โGeliefdeโ โ Jesus se vastigheid en veiligheid word in sy hemelse Vader se liefde bevestig.
- โOor Hom verheug Ek Myโ โ Jesus ontvang die bevestiging van sy Vader se tevredenheid, sowel oor wie Hy is as oor wat Hy doen (sy potensiaal รฉn sy vermoรซ).
- โLuister na Homโ โ Jesus se gesag word bevestig.
Die Vader se woorde aan Jesus onderstreep dus vier belangrike take wat vir ouers belangrik is:
1 Vestig jou kinders se identiteit. Leer hulle dat dit in hul kindskap van God en die vrug daarvan gegrondves is.
2 Leer jou kinders dat hul vastigheid en veiligheid nie gevind kan word in enige iets wat die wรชreld hulle gee nie, maar slegs in God.
3 Bevestig jou kinders se unieke, Godgegewe potensiaal en vermoรซns.
4 Leer jou kinders om hulle aan God se gesag te onderwerp en om Goddelike gesag te beoefen.
Dit is die ouers se voorreg en verantwoordelikheid om hul kind se ontwikkeling dop te hou. Hulle weet wanneer die kind gereed is om die volwasse lewe te betree.
En wanneer daardie tyd aanbreek, kan die ouers โn geleentheid reรซl waartydens hulle, in die teenwoordigheid van ander mense wat vir hulle en hul kind betekenis het, hierdie kind se toetrede tot volwassenheid aankondig en bevestig.
Tieners sรช:
Wanneer is โn mens volwasse?
- โJy is volwasse wanneer jy jou goed gedra. As jy 18 is, is jy volwasse en mag jy motor bestuur en sjampanje drink. Party mense is al groot, maar hulle is nog nie volwasse nie.โ
โ Letsie de Beer (10)
- โJy is volwasse wanneer jy besef dat die lewe uit keuses bestaan en dat jou keuses gevolge het.โ
โ Zandrรฉ de Boer (18).
- Ouers het dikwels begeleiding nodig om die beginsels in die praktyk toe te pas. Die โThe World Needs a Fatherโ-bediening het โn wye verskeidenheid materiaal en kursusse om aan diรฉ behoefte te voldoen.
Besoek www.theworldneedsafather.com of skakel 021 975 0985 vir meer inligting.