LiG se getuienisse inspireer ook nou Sondagoggende kykers op die kassie.
Sedert LiG in 2023 ’n YouTubekanaal, LiG: God se krag in my krisis met video-getuienisse geskep het, het dié stories tot dusver 294 000 mense bereik.
Nou kan kykers ook dié getuienisse, en ’n klomp splinternuwes, op TV kyk. Die gelyknamige program LiG: God se krag in my krisis word Sondagoggende om 10:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai.
Maryke Hansen, mede-inhoudsvervaardiger van die program sê: “Dit troos my dat daar tog iets positief voortspruit uit mense wat deur soveel seerkry gegaan het.”
Conette le Roux, LiG-webredakteur en mede-inhoudsvervaardiger beaam dit: “Een ding wat ek geleer het is dat mense wat seerkry of trauma ervaar het, iemand soek met wie hulle kan identifiseer. Iemand wat dieselfde seer saam met hulle dra. LiG: God se krag in my krisis gee presies dít vir kykers. Ons kry ook gereeld terugvoer vanaf die persoon wat sy getuienis deel dat dit ’n mate van heling bring.”
Lees meer oor die getuienisse wat Sondag 10 November 2024 op LiG: God se krag in my krisis uitgesaai word:
‘Ek was in ’n dal van doodskaduwee, en nou is ek weer uit’ – ma ná seun se kankerdood
Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.